Is daar iets soos geregverdigde geweld?

Is daar iets soos geregverdigde geweld?

Braam Hanekom

In die jongste uitgawe van Dabiq, ISIS se Engelse elektroniese tydskrif,  verskyn daar ‘n propaganda- artikel onder die opskrif:  “Just Terror”. Geregverdigde terreur! Bestaan daar so iets? Is daar so iets soos ‘n geregverdigde oorlog? Is daar so iets soos geregverdigde geweld in die naam van geregtigheid? Indien wel, wie besluit wanneer die onreg groot genoeg is dat geweld geregverdig is, soveel so dat ook onskuldiges mag sterf?

Hieroor verskil mense hewiglik. Daar is diegene wat baie maklik na die geweer gryp en ander wat sê dat dit nooit ‘n opsie kan wees nie.  Deur die eeue het hierdie vraagstuk ook teoloë besig gehou. Daar word beweer dat die kerkvader Augustinus die eerste was wat die vraag oor ‘n geregverdigde oorlog gevra het. Thomas Aquinas sou verder daarmee worstel en bepaalde voorwaardes vir `n geregverdigde oorlog stel. In die Moslem wêreld is daar geleerdes wat ook beweer dat dit `n komplekse vraag is en dat slegs die Kalief, ofte wel die amptelike opvolger van die profeet Mohammed, ‘n geregverdigde Jihad kan verklaar. Die moeilikheid is egter dat daar onder Moslems hewig verskil word oor op wie hierdie mantel geval het. Een van die verskille tussen die Sunni en Shia Moslems gaan presies hieroor .

Jesus Christus het die spreekwoordelike oog vir ‘n oog en `n tand vir ‘n tand vervang met “draai die ander wang” en “loop die ekstra myl”. Reeds in Jesaja 50 lees ons die aangrypende woorde van die profeet wat getuig van “…`n rug wat die slae verduur, die spot en spoeg in die gesig, die uittrek van sy baard en onskuldige veroordeling”.  Verwys hy na homself, is dit ‘n vooruitgrype na wat met Christus sou gebeur, of is dit `n profetiese opdrag aan ons oor hoe ons onsself te midde van geweld en aanvegtige moet gedra?

In resente geskiedenis sou ons al meer voorbeelde van radikale passifisme kry. Nobelpryswenner Albert Schweitzer, wou nie op ‘n mier trap nie. Ghandi, die Kwakers en iemand soos Thomas Merton se optrede en filosofie is vandag wyd bekend. Die lys is veel langer.

Die kompleksiteit van die vraag of ek moet veg of die ander wang draai, is ook aangrypend op die silwerdoek vasgevang met die klassieke rolprent The Mission. Ons onthou graag Ennio Morricone se aangrypende musiek, maar het ons die subtiele boodskap verstaan as alles na ‘n orgie van geweld aan flarde lê en die kinders dan kom en ‘n eenvoudige kruis in die waterstroom optel en verder dra?

Persoonlik glo ek dat mense veels te maklik oor geweld praat en na geweld gryp as oplossing. In Suid-Afrika leef daar te veel mense wat glo dat hulle nie gehoor sal word as hulle hul nie tot gewelddadige optrede wend nie. Ons sit met ‘n nuwe geslag wat nie werklik weet wat ware oorlog is of dit al beleef het nie. Vir hulle is dit tans nog ‘n rekenaarspeletjie…

Dr Hanekom is verbonde aan die Sentrum vir Publieke Getuienis van die VGK en die NGK

 

 

 

Om te kan sê jy is jammer

Soms wonder ek hoekom dit vir ons so moeilik is om jammer te se. Ja, daardie drie eenvoudige woorde wat dikwels diegene met wie jy in konflik is se venynigste aanvalle laat verdwyn.

Hoekom is dit so moeilik vir ons president om te erken hy het ‘n fout gemaak met Nkandla, minister Nene en `n hele rits ander optredes wat sy morele integriteit by baie vernietig het?

Hoekom was universiteitsowerhede so traag om vir Poekie Briedenhann te sê ons is jammer, ons het `n fout gemaak? Hoekom het die SR dit steeds nie gedoen nie? Hoekom het Open Stellenbosch om verskoning gevra en dit toe weer teruggetrek?

Hoop vir ‘n tyd soos hierdie

Hoop

Ons hoor gereeld Christene is in die wêreld, maar nie van die wêreld nie. En dankie tog, wil ons sê, dat ons kan uitsien na ‘n ander wêreld waar ons eendag sal woon! Die probleem is net: Tot ons na daardie ander wêreld toe gaan, bly ons hiér, op aarde.

En hierdie wêreld is stukkend. Dis situasie in die Midde-Ooste, die opkoms van ISIS en Boko Haram, en, nader aan die huis, armoede, politieke onrus, misdaad en die sukkelende ekonomie maak ons onrustig. Soms sukkel ons om hoopvol oor die toekoms te wees.

In Hoop vir ‘n tyd soos hierdie wys Braam Hanekom jou hoe om die vlam van hoop brandend te hou. Veral wanneer ‘n mens opnuut bewus word van die werking van die Heilige Gees, ervaar jy vrede en vreugde wat moeilik is om in woorde te beskryf. En as ‘n mens dan self ‘n hoopgewer vir ander is, wéét jy: Klein dingetjies kán ‘n reuse verskil in die wêreld maak, want, sê Braam:

“Hoop groei waar mense hande vat en skatryk is aan liefde en omgee.”

Hoop vir ‘n tyd soos hierdie word uitgegee deur CUM

PRYS: R130.00 + Posgeld

BESTELLINGS by mcmboeke@gmail.com

Ontwikkel die leier in jou kind

Ontwikkel die leier in jou kind

Wêreldwyd is daar ‘n versugting na kwaliteit-leierskap. Ons weet dat ‘n groot deel van ons gelukkige voortbestaan gaan afhang van die tipe leiers oor wie ons nou beskik en die wat ons vir die toekoms kweek. Die vraag is hoe doen ‘n mens dit ten beste? In Ontwikkel die Leier in jou kind rig Braam Hanekom ‘n uitdaging aan alle ouers, mentors en onderwysers om langs spesifieke kontoere die leierskapspotensiaal raak te sien en te help ontwikkel in die kinders met wie hulle te doen het.

Die boek wys basiese beginsels van leierskap en leierskapontwikkeling uit, maar gee ook praktiese riglyne wat die proses baie vergemaklik. Dit rig ernstige vrae aan opvoeders, maar wys ook op die ongelooflike moontlikhede wat daar in ons midde lê. Die wortels vir môre se werklikhede word reeds vandag gevestig. Met sy omvattende kennis van hoe leierskap werk, wys Braam Hanekom vir ouers en ander opvoeders hoe om die wortels te koester om sodoende ‘n aktiewe en konkrete rol te speel om die toekoms ten goede te beïnvloed.

Hanekom skryf meevoerend en oortuigend, met baie nuttige voorbeeldstof, oor onderwerpe soos:

* ‘n Basiese leierskapsteorie * Karakter en integriteit * Maak van jou kinders spanspelers * Leer hulle om ander aan te moedig * Leer hulle die waarde van wysheid en balans in die lewe * Ook minderbevoorregte kinders het leierskapeienskappe wat ontwikkel moet word

PRYS R65.00 + Posgeld

BESTELLINGS by mcmboeke@gmail.com


Wat is die verskil tussen kerke wat groei en kerke wat sterf?

Wat is die verskil tussen kerke wat groei en kerke wat sterf?Stephan Joubert skryf soos volg oor die boek:

Dit klink dalk soos ’n cliché, maar glo my, ek kon hierdie boek eenvoudig nie neersit toe ek dit eers begin lees het nie. Braam Hanekom, ’n deurwinterde kerkleier en ’n gesogte leierskapskonsultant, voer jou op die volgende bladsye mee op die reis van ’n leeftyd na die hartklop van relevante en God-getroue kerkwees. Op diep persoonlike, maar op weldeurdagte maniere spreek hy padlangs die krisisse en uitdagings voor die deur van die kerk aan. In dieselfde asem dui Braam ook belangrike nuwe roetes aan wat die kerk moet bewandel in hierdie uitdagende tye. Kosbare insigte rondom leierskap; die rol van leraars; prediking en effektiewe kommunikasie; die regte lees van ons nuwe kontekste, en hoe om warm en egte geloofsgemeenskap in plaaslike gemeentes te bevorder, word deur die loop van hierdie boek op kreatiewe maniere met jou gedeel. Wat ‘n tydige, lewensnoodsaaklike boek vir kerkleiers en geloofsgemeenskappe! Lees dit, dan sal jy verstaan wat ek bedoel.

Buitengewone Professor, Eietydse Ekklesiologie, Universiteit van die Vrystaat en Navorsingsgenoot, Radboud Universiteit, Nijmegen

PRYS: R100.00 + Posgeld

BESTELLINGS by mcmboeke@gmail.com

Verlies aan mag is nie noodwendig `n straf nie

Tradisionele magstrukture word tans tot in hul wortels uitgedaag. Dit gebeur in die politiek, die ekonomie, op militêre gebied en in die kerk. Moisés Naím het in 2013 `n uitstekende boek laat verskyn met die titel The End of Power. Daarin wys hy hoe tradisionele konsepte en setels van mag tans regoor die wêreld verander. In die hart van die twintigste eeu se verstaan van mag het Max Weber se analise van moderne burokrasieë gelê. Kortliks: hoe beter jy in hierargieë kon organiseer en so al groter word, hoe sterker het jy geword. Dit het gegeld vir die politiek, korporatiewe maatskappye, magtige konvensionele weermagte en groot denominasies in die kerk. Maar kyk bietjie wat het intussen gebeur.

Lesse geleer op die Camino

In Spanje is daar `n  bekende pelgrimsroete, die Camino de Santiago de Compostela, of sommer net die Camino,  soos die duisende stappers dit noem. Volgens oorlewering sou die apostel Jakobus dit gestap het. Hoe waar dit is, weet ons nie. Vandag is daar talle roetes uit verskillende lande wat na Santiago gevolg kan word. Die hoofroete begin by St Johns in Frankryk en eindig ongeveer 700 km verder in Santiago in Spanje. Ek en my vrou het onlangs die voorreg gehad om die laaste 200 km van die roete saam met vriende te stap.

Moeë gasvrye gelowiges

Was jy al ooit in ’n situasie waar jy met nood of seer gekonfronteer was, geweet het jy moet help, maar self so vuisvoos was dat jy net nie kon nie. Lewensdruk en soms net “te veel” bring jou by ’n punt waar jy net nie die energie en  krag het om te help nie. Dit kan selfs gebeur dat jy ’n irritasie ontwikkel vir die situasie wat na jou roep. Ek weet dit klink na ’n flou verskoning, maar ongelukkig gebeur dit.